Nakelaan - Nicoline Cockrell

nakelaan_cover
4 5 2 Product
R 120,00R 78,00 each

+

Specifications

Adults
B6
108
5/11/2020
978-1-928515-30-2
Romance

Nakelaan is die verhaal van ‘n jong meisie wat haar moeder op ’n vroeë ouderdom verloor het, en sukkel om daarmee saam te leef. Sy moet in haar hoërskooldae vir haar ouer boeties, jonger suster en pa huishou, toe die oudste suster besluit om te trou en die huis verlaat. Die ongerepte hardheid van die Nama-Karoo laat haar na vêr en onbekende dinge verlang. Tog kan sy nie haar trots wegsteek wanneer ‘n uitsonderlike blomjaar aanbreek, en die droë klipkoppies laat lewe en blom nie.

Sy ontmoet vir Dolfie en sy familie wat haar die liefde van ‘n ouerhuis laat ervaar, want Dolfie se moeder aanvaar haar soos een van haar eie. Maar is daar die bedorwe en welaf Annabel met haar glimlaggies en super kort rokkies wat gedurig onder Dolfie se neus is, en waarmee Nakelaan moet rekening hou. Dis egter tot groot ergernis van Surie, Nakelaan se beste vriendin en vertroueling.

Haar pa trou later met tannie Mart, wat vir Nakelaan help om haar droom om Universiteit toe te gaan, ‘n werklikheid maak. Sy geniet die studentelewe, maar hoe nou gemaak met Surie, ’n alleenkind, wat sonder haar die mas moet opkom?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: