Spookspeurder - Sonja Brown

spookspeurder
Retail price: R 110,00 Our price: R 90,00 each

+

Specifications

Adults
B6
116
18/8/2020
978-1-928513-90-2
Action and Adventure

Maans verloor sy hart op die dubbelverdieping kliphuis die oomblik toe hy in die dorp aankom. Dié huis staan eenkant, weg uit die dorp; nie dat mens dit in elk geval kan miskyk nie. Die berg waarteen dit gebou is, is lowergroen, en die klip waarvan die kasarm gebou is blink mooi bruin teen die agtergrond.

Maar oral in die dorp loop hy homself vas as hy net praat van die huis. Nee kyk, mense moet Maans nie aan’t wonder laat nie. Veral toe die slaghuis-outjie hom stip aankyk en vra. “Is jy seker jy het die knaters om daar te wil bly?” Net daar en dan besluit Maans om die huis te koop.

Die binnekant van die huis slaan sy asem weg om meer as een rede. Toe ’n sagte vrouestem sê “Welkom tuis, Hermanus Johannes Steyn,” kon hy sweer sy hart het uit sy keel gespring, ’n bollemakiesie gemaak, en toe weer ewe netjies teruggeglip en op sy gewone plek lê gekry.

‘n Dynserige gestalte beweeg tot in sy sig. Sy sweef asof sy op wiele is. Dit moet dan die spook wees teen wie die dorpsmense hom gewaarsku het.

Maans vind gou uit daar is nie net een spook wat in die kliphuis woon nie, maar vier van hulle; vermoor in dieselfde huis. Sommer gou hou hy sy lyf speurder en word dit sy missie om hulle moordenaar op te spoor en aan die pen te laat ry.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: