Die Swart Wittebrood - Leon Cornelius

swart_wittebrood_cover
5 5 1 Product
R 120,00 each

+

Specifications

Adults
B6
113
6/1/2021
978-1-928515-39-5
Action and Adventure

Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur.

’n Rustige piekniek op die strand word deur ’n fluitende bedelaar onderbreek en die gil van ’n vrou in nood dui die begin van ’n nagmerrie aan vir die twee verliefdes. Die rustige kusdorp word ’n bedrywigheid van vele raaiselagtige gebeure met die stomme sersant Gary Conway wat sy hande vol het om antwoorde te vind.

Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.

Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?

Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.

Volg die skrywer se Facebookblad, ‘Maar net Mens’ deur @Staaltjies in die soekblokkie te tik.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: