Beurtkragmoord - Pieter Saayman

cover_beurtkrag_moord
4.33333 5 3 Product
Retail price: R 110,00 Our price: R 90,00 each

+

Specifications

Adults
B6
100
23/9/2020
978-1-928515-14-2
Action and Adventure

Roelien se vermoede dat haar man ʼn verhouding het, word gestaaf deur ʼn bewysstuk wat sy in Thinus se kar te ontdek. Hy word gekonfronteer, maar ontken alles.

Volgehoue druk deur René om Thinus vir haarself te eien, dwing hom om ʼn gewetenlose karakter om te koop om Roelien te laat vermoor, of eerder te laat lyk na selfdood of ongeluk.

“Elimineer my vrou.” Die opdrag wat Thinus een aand in ʼn derderangse kroeg aan Rick fluister, betrap die geslepe, obskure karakter vir ’n oomblik onkant. Hy sal enige iets doen as die geld reg is, maar moord? Eenmiljoen rand is egter vir Rick genoeg motivering, en hy begin beplan die aanslag op Roelien se lewe.
Thinus druk Rick om die opdrag uit te voer na ’n mislukte poging van Rene om self van Roelien ontslae te raak.

Rick se plan is haarfyn uitgewerk en na weke se beplanning, slaan hy toe. Alles val in plek, sy prooi is in sig, maar beurtkrag op die spesifieke oomblik, laat alles in duie stort.

Het Rick ’n plan B? Wat van Thinus en René se aandeel?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: