Francisca Mouton

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

My vriende noem my ‘Fran.’

 

Waar woon jy?

 

 

Ek woon in Lynnwood Pretoria.

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Ek is gemaklik om in enige genre te skryf.

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Ek het op ‘n plaas in die NO Vrystaat, in die distrik Frankfort groot geword.

My ma en pa asook my ouma was storievertellers, het die liefde vir stories by hulle oor ge erf.

 

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Na ek ‘n kurses in verpleging gedoen het, het ek lus gehad vir joernalistiek, na die voltooiing van die kurses, het ek begin vryskut werk doen vir verskeie Vrystaatse koerante, daar het my skryfloopbaan begin.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

My nuutste boek is ‘n kortverhaalbundel, met die naam HOEFSLAG VAN MY HART.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

 

Nee

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

My lesers beteken die wêreld vir my, sonder hulle beteken my stories niks, alle kommentaar spoor my net verder aan om my beste vir hulle te gee.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Ek is tans besig met 'n bundel waarin daar n klompie novelles in is. Stories oor woestyne. Ek het ‘n groot passie vir woestyne, daar kan jy jouself weer vind. ‘n Plek waar jou siel rus kry.

 

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Ek hou van Francois Smit, Jeanette Ferreira en Francine Rivers. As kind het ek Ettie Bierman se boeke verslind, veral haar stories oor Jakaranda Lugdiens .

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Ek hou van goeie reekse op tv soos Greys Anatomy en Suites. Of om met my Nikon veld in te stap. Ek is ook baie lief om blomme te kliek.

Perde is ‘n groot passie.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Ek onthou ‘n Voorgestreweboek in std 6, of te wel Gr 8 met die naam JETWA DIE BUFFELBUL, die boek het my bekoor, kan ongelukkig nie die skrywer onthou nie.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

My eerste storie was KINKELS IN DIE SAND, ek het hom later verwerk, hy is tans in HOEFSLAG, met 'n ander naam.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Glo dit of nie, stories kom na my in die stort, ‘n mooi liedjie sal ook my muse wakker maak.

In die stilte van die natuur sal daar ook gedagtes in my kop kom nes maak.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Ek hou van die tydskrifte soos Finesse,asook Lééf met hart en siel.

Ek hou van Nataniël en Susan Coetzer.

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Al wat ek vir my lesers wil sê is die volgende “BAIE DANKIE VIR JULLE ONDERSTEUNING, sonder julle kon ek dit nie bring tot waar ek tans is nie”

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.