Estia Riekert

Estia Riekert

 

 

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Nee

 

Waar woon jy?

Pretoria

 

Watter genre skryf jy in?

Gedigte, kortverhale, dagstukkies en meer

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beinvloed?

 

Ek is lief vir die platteland en mense en hulle stories gryp my aan.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Op skool.  Na skool het egter meer intensief begin skryf.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Sirkelgang van my lewe – dis my biografie met van my gedigte en kortverhale in. Ek is baie opgewonde daaroor en hoop dat dit tot inspirasie vir ander sal dien.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

Ek het ‘n klomp ander gedeelde bundels met ander digters en skrywers – Finesse, Groep 7 en meer.

Wat beteken jou lesers vir jou?

Lesers hou jou aan die gang en laat jou groei.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

Kinder gedigte en stories.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

Deon Meyer, Anna Em, Marita van der Vyver en verskeie digters.

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

Lees, oefen en baie meer.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

Ja ‘n opstel vir skool.

Wat is jou skryfproses?  Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek sien ‘n foto / toneel / lewe gebeurtenis en dit gryp my aan en roer my tot woorde.

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Deon Meyer, Anna Emm, Marita van der Vyfer

Verskeie digters

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

Ons skrywers het julle as lesers nodig.  Moet nooit ophou lees nie.

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.