Emilynne Meyer

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Ja ek het een, “Wizartist”.

Waar woon jy?

In Mosselbaai in die Wes-Kaap

Watter genre skryf jy in?

Persoonlike ervarings - Realiteit

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek het in ‘n goeie buurt groot geword, maar ek sê die feit dat ander my met ander oë gesien het en my goeie eienskappe, bv. Akademiese prestasies en my pa se werk het grootliks bygedra en as ‘n invloed ontwikker wat my na negatiewe besluite gedryf het.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek was in ‘n rehabilitasie sentrum en was gevra om my emosies, gedagtes, ens. neer te pen en nadat ek kla was het ek besef my liefde vir skryf en my ruim woordeskat.

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Verslaaf aan woorde. Dit gaan oor die lewe,verwagtinge en uitdagings.

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Geen.

Wat beteken jou lesers vir jou?

Om eerlik te wees; een en elk van hulle speel ‘n belangrikr rol. Dit laat my voel ek het iets bereik, ‘n taak wat aan my gegee is om ‘n boodskap oor te dra en my lesers voltooi die sirkel.

Waarmee werk jy aan volgende?

Engelse gedigte en ‘n kortverhaal.

Wie is jou gunsteling skrywers?

Niemand spesifiek nie.

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Luister na musiek, kook, speel/kyk sport, maak tuin (groente en blomme) en staan my pos vol as oom.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Ja, ek het die belangrikheid van letterkunde besef, posie en prosa en hoe groot die rol om te kan lees speel in ‘n mens se daaglikse lewe.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

.ja, dit was ‘n taak waarby ons ‘n kortverhaal moes skryf oor die area waarin ek woon en die daaglikse gebeure.

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek het verskillende prosesse, maar die hoof een is- ek dink aan ‘n ervaring of emosie en watter impak dit het of gehad het op my of ek dink net aan ‘n word en bou my eerste reël daarop en so gaan ek aan.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Eerstens sal ek my dankbaarheid beklemtoon vir hulle belansgtelling daarom sale k hulle bewus maak dat my woorde/gedigte ‘n produk is vvan my geestes verhouding wat ek het met my Skepper end at ek bloot ‘n boodskapper is. Ek rig net my funksie uit om ander bewus te maak van die Krag van die 3 eenheid. “Maak op jou gedagtes en volg jou hart tot daar waar jou gees jou lei.”

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.