Elsabé Welman

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Ella. Elsie.

 

 

Waar woon jy?

 

 

Weltevredenpark, Roodepoort

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Kombinasie van romanse, spanning en tikkie humor. Ek hou daarvan om in elke boek ‘n lewensboodskap in te werk, wat in die agtergrond soos ‘n draad deur die storie loop.

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Eers Makwassie en toe Delmas. Ek dink nie dit alleen het ‘n pertinente invloed op my skryfwerk gehad nie, maar alle draaie wat mens se lewe toe en later geneem het, gee tog ervaring wat jy in jou boeke kan gebruik.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Junie 2014, toe ek tydelik uit die werklike lewe wou ontsnap met ‘n alles-is-nice-storie.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

Filtervlinder. Sedert Sanita se kinderdae was ‘n leefstyl van prostitusie en dwelms vir haar normaal, haar ouers het haar daarin ingely en geld uit haar gemaak. Darius sien die mooi in haar raak, hy gee haar ‘n kyk van sy leefwêreld wat die teenoorgestelde is van haar geknersde koninkryk. Sy vrees dat sy hom gaan verloor as hy haar ouers ontmoet en haar donker geheimenisse ontdek. Sy maak planne dat nie een hiervan haar toekoms met hom verongeluk nie, en haar straat-boezoes sal moet help.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Ryk Armgat is in Desember 2015 gepubliseer deur Publishing World.

Kombuisluis is opgeneem in SA Stories se kortverhaalbundel en deur Groep 7 gepubliseer in Julie 2017.

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

S Johnson het gesê: A writer begins a book, the reader finishes it. Dis hoekom ek skryf, dat iemand my stories lees. Ek hoop dat daardie gevlegde draad waarna ek verwys het, iets vir elke leser sal beteken.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Ontfrommel se manuskrip is huidiglik by ‘n publiseerder en ek is besig met Klonte Sout.

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Madeleine Rust, Francine Rivers, Peet Venter, Chanette Paul.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

O gits... ek is mal oor rekenaarspeletjies. Dit en skryf is my daaglikse bederfie wat ek moet doen. Ek hou van skilder en kunsinnige goed, maar skryf kry voorkeur as ek los-tye het.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

My Saartjie storieboeke! Ek het hulle verslind. Pot vol Winter van Maretha Maartens het my as tiener geruk.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Een Leeftyd. Ek gaan hom nog publiseer. Eendag.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Ek skryf my storie sonder om te bekommer oor paragrawe of spelfoute nie. Daarna begin die harde werk en kyk ek na die plot, point-of-view, ens.

Inspirasie? Geen patroon nie. Terwyl ek besig was met Een Leeftyd, het Ryk Armgat se storieplan in my kop ontvou. Ontfrommel is gebore nadat ek een nag ‘n spannende droom gehad het en besluit het dit kan ‘n roman word. Ek luister na mense of ry in die kar en ‘n idee spring in my kop.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Wat ek in die hande kry. Ek wissel romanse en spanningsverhale af. Skrywers ook. Ek hou daarvan om skrywers wat ek ontmoet het, se boeke te lees.

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Dankie dat julle my boeke optel en lees. Ek voel bevoorreg. Gee asseblief terugvoer. Ek het al soveel geleer deur minder-positiewe terugvoer. Ek teer op enige terugvoer, dit gee my rede om weer die sleutelbord te knetter.

 

Jy is meer as welkom om my te kontak by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Add comment


Security code
Refresh