Elsa en Wimpie is twee kuikens op Oupa Thys se plaas. Daar is ook eende, honde en ‘n visdam in die tuin. Wimpie is baie avontuurlustig en wil altyd nuwe dinge probeer maar is nog bietjie skrikkerig om alles alleen te verken.
Oupa bring ‘n nuwe hoenderhaan werf toe wat groot opskudding veroorsaak. Wie loop so kaal rond – of het hy dalk een of ander siekte?
Na die reën lyk alles anders. Daar is stroompies wat vloei en goed wat in die waterstrome afspoel. Een van die avonture neem Wimpie en Elsa verder as gewoonlik van die huis af. Hier vind hulle iets baie grillerig maar nuuskierigheid vier hoogty.
Wimpie en Paul gaan kyk hoe die grond weg gespoel is deur die water. Saam het hulle ‘n noue ontkoming in die vrugteboord met ‘n stroom water wat skielik van die berg af stroom. Deur saam te werk maak hulle ‘n plan om uit die penarie te kom
.
Elsa het haar eie avontuur in die visdam. Haar nuuskierigheid kos haar amper baie duur maar in die proses help sy vir Oupa om die swak plek in sy beplanning raak te sien.