Wat is jou Storie - Petro Pieterse

wat_is_jou_storie_-_site
5 5 1 Product
R 139,00R 90,35 each

+

Specifications

Under 10
A5
66
10/5/2022
978-1-77632-743-0
Children Fiction

PRET MET DIE HAAN
Haan kraai koning op die werf en almal dans na sy pype. Elk van die drie hane het sy henne en kuikens. Die ander twee hane vlug vinnig na hulle deel van die erf voordat die wit haan bakleierig raak. Iemand sien dit en besluit om so bietjie pret te hê. Wat is die storie van die hemp wat op die gras lê en waarvoor het Haan so geskrik?

DOLLIE LEER HAAR LES
Wat bedoel Ouma as sy sê “die kinders moet hulle vlerkies aansit voor hulle gaan swem”? Wat is die storie met Dollie se dom idees? Wanneer gaan sy leer om na Haan te luister en gaan sy haar les leer voordat sy baie seer kry?

DIE GEHEIM VAN DIE ALARM
Cinda skrik wakker toe sy op die grond val. “Goeie hemel, wat maak tog so oorverdowende lawaai?” Al die hoenders skarrel rond - jy sien net vere rond vlieg.
Dit is die tweede oggend wat die alarm almal met ‘n skok wakker skree. Wat is tog die storie – wat is die probleem? Ron en Rudie moet gaan ondersoek instel. Is hulle braaf genoeg vir wat hulle uitvind?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: