Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat 'n kind nodig het om sukses in die lewe te behaal en lees begin reeds in die vormjare van 'n kind.
Lekkerlees vir die Kleinspan bied jou kind 'n wonderwêreld van woorde en kleur. Versies en prentjies wat die verbeelding aangryp en sodoende leer die kind om diere te ken.
Die stories neem die kind op 'n verbeeldingsvlug waarin die kind hom/haar kan uitleef.
Ondersteun jou kind om die liefde vir lees en boeke te ontwikkel.