Mot Kry Kleur - Melissa McDonald

cover pic mot kry kleur
5 5 1 Product
R 151,00 each

+

Specifications

Teenagers
A5
153
05/03/2018
978-0-9946905-9-3

Melissa McDonald is gebore in Pretoria en het as middelkind in 'n huis vol boeke grootgeword. Sy het haar eerste storietjie in graad twee geskryf en van toe af leef daar 'n klomp stories in haar kop. Stories maak is deel van haar. As sy nie skryf nie, lees of mosaiek sy graag.

******

Vandag is kamstig Goedhartigheidsdag by die skool. Popeye se idee om van Varingkloof se leerders beter mense te maak. Twee weke terug was Geduldigheidsdag. Man, tóé was die onnies eers annoying. Goedhartigheidsdag. Maar al wat nog met my gebeur het was goor. Frederik- Slymbal Louw het myvoor almal verneder. Daai ou afgesaagde grappie oor die poplap-skroplap weer op my getrek. Almal op die stoep het my uitgelag. In die wiskundeklas het Kuifie my weer soos ‘n opperste idioot laat voel. Ek, Mot Botha, is ‘n wurm. Dis vreemd dat die meeste kinders so stil en rustig in Kuifie se klas is, nie omdat sy so danig gesag afdwing nie, maar net omdat ons nie verskree wil word nie...

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: