Betsie-Biekie-Bok, Yitti Hebaka Betsie - Sonja Brown

cover betsie biekie yitti hebaka betsie 1035199780
5 5 1 Product
R 166,00R 124,50 each

+

Specifications

Pre-Teens
A5
94
16/03/2018
978-928413-95-0

Die tweede storieboek in 'n reeks vir kinders van ouderdom 9-13 jaar

(Yitti Hebaka Betsie - 'Ek is Betsie' in die Amazone Nukak taal)

“En die wenner van die opvoedkundige reis na Suid-Amerika is…”

Honderde tieners wat vir dié kompetisie ingeskryf het hou hul asems op. Hier en daar sit een met toe oë, duime styf vasgeknyp.

“Betsie Vraagom!” skreeu die man oor die mikrofoon. “Betsie? Is jy hier?”

Die skare juig. Hulle het gehoor van die drama waardeur dié brawe dogter by haar skool is, en sy verdien hierdie vier weke se volledig geborgde reis na Suid-Amerika terdeë.
Die Vraagom familie is eers verstom, dan ekstaties. Ismael, Betsie se pa gee haar ‘n drukkie voordat sy na die verhoog stap.

Professor Stefan Groenewald hou die mikrofoon voor sy mond. “Mense, ek wil net vir julle sê dat Betsie se opstel my uit my skoene geskok het. Terwyl ek haar vraestel gelees het, het dit vir my gevoel asof ek daar was, in die jaar 1637, as ‘n ontdekkingsreisiger wat in die Amasone rivier opgevaar het. Ek kon die woud ruik, die plante sien, die mense hoor praat. Dametjie, jou skryfstyl is uniek, en uitmuntend. Ek kan nie wag om saam met jou op hierdie toer te gaan nie!”

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: