Die eerste storieboek in n reeks vir kinders van ouderdom 9-13 jaar
Vier mans wat oor die skoolhek spring, trek Betsie Vraagom se aandag deur die klaskamer se venster. Sy sien hoe hulle groot pistole voor by hul broeke indruk toe hulle grond vat, en verberg dit met hul hemde. Die skurke buk en sluip tussen die onderwysers se karre deur. Hulle is op pad kantoor toe besef Betsie. Haar ma is ‘n sekretaresse daar! Dink, Betsie, dink, praat sy in haar gedagtes.