“Kom ons hardloop, die storm is op pad…”
Die vier skoolmaats, Jasper en Janet Ras, saam met boesemvriend Karel Jantjies, en kamermaat, Roelien Karp, vaar die storm nag in om agter die raaisel van die verlate Bashoek te kom. Soos die nag nader sluip en met die storm dreigend in die nabyheid, probeer die kinders uitvind wat die betekenis van die windklokkies is, en die silhoeët in wit wat gedurig soos lokaas voor hulle tergend verskyn.