Die vroue van Meerlaagte - Ria Richards (eBoek PDF)

cover die vroue van meerlaagte
5 5 1 Product
R 62,00 each

+

Pre-Release!

Mariska vier haar 20ste verjaarsdag saam met vriende by ’n jolplek in die stad. Sy kom laatnag met ’n vreemde man by die huis aan wat met sy motorfiets geval het. Ansa help die vreemdeling om die sny in sy wang te ontsmet en verbind sy beseerde been.

Die geheimsinnige John en sy klein boerboel bly die nag op Meerlaagte oor. ’n Dag word ’n maand, ’n Maand word drie maande. Een oggend is John net weg. Die enigste teken dat hy op Meerlaagte gebly het, is ’n totsiens briefie en die pap bek boerboel wat hy agtergelaat het. En agt maande later, is Nadine gebore.

Die Van Sandwyk vroue ontmoet Schalk Odendaal in ’n komiese situasie een oggend in ’n restaurant. Ansa kan die man nie verdra nie, maar Mariska het ander planne met die aantreklike, blonde argitek. Sonder dat Ansa weet, nooi Mariska Schalk en sy vriende Meerlaagte toe vir die naweek.

Die hart wat die Ysprinses vir 28 jaar sorgvuldig bewaar het, verloor sy gedurende die naweek terwyl die jolige klomp dit op Meerlaagte geniet. Tog vertrou sy Schalk glad nie. Die een oomblik soen hy haar aan die brand, die volgende oomblik vra hy uit oor Mariska. Dis duidelik dat die man sy eie agenda het met die twee Van Sandwyk sussies.