Rubrieke sonder brieke - Yvonne de Kock

cover rubrieke sonder brieke
5 5 1 Product
R 130,00 each

+

Specifications

Adults
A5
134
27/08/2018
978-1-928415-32-9
Romance

In hierdie bundel het Yvonne die remme behoorlik losgelaat. Van die eerste tot die laaste rubriek, met die lag én die traan. Die gevolg? Rubrieke sonder brieke!

Op hierdie bladsye huppel ons moedersknie-taal Afrikaans, soos wafferse ballerina terwyl sy vertel van "brug-babas" en selfs 'n "spook" kom in die gedrang. Dit moedig jou aan tot so 'n walsie of wat en om te wonder oor ons skrywers se kaskenades in die kuberruim.

"Spinnekoppe" steek ook hul harige pote op een van die bladsye uit en jy lees selfs van trane in alfabetiese volgorde.

Genadetjie tog! Wat maak mens daaruit as jy lees van pensioen en 'n miljoen in dieselfde sin en jy jou asem sommer dubbel moet intrek? Dan is daar ook nog daai dierbare beloftes voor die kansel. Daar word ernstig besin oor woord en klank; oor gedigte wat trefferliedjies word en op die vleuels van musiek die lug in, maar wat ook soms geniepsig af geprik word aarde toe.

So ook oor die polemiek omtrent Adam en Eva en die appeltjie, ag ek bedoel die aandag wat die twee kry weens hulle sogenaamde verskille. En ai, liefde kan nie gedy as dit nie vel om het nie!
Iewers tussen dié meestal vrolike bladsye, word sommer kaalkop die waarheid vertel, is die skrif denkbeeldig teen die muur en lees jy verder ook van uitgedoofde liggies. Dat geld wat stom is en regmaak wat krom is, nié altyd so is nie en dus maar erg verdraaid is.

Skink vir jou 'n stomende koppie koffie in. Skop jou skoene uit, maak jouself gemaklik op die rusbank en lees alte heerlik aan al dié allegaartjies. Verbeel jouself in daai rubriek-karretjie sonder brieke in, wat met skewe wiele bult op en bult af voort skommel.

Lekker lees!

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: