Tussen my en U - Gwendeline Borchardt (Dagbeplanner)

cover_tussen_my
5 5 1 Product
R 299,00 each

+

Dié merkwaardige dagbeplanner is so ontwerp deur ’n inspirerende gedagte met ’n daaglikse Bybelvers en gebed wat tree vir trap elke lewenspad van elke verhaal in jou taal saam met jou kan vat. Somtyds is die pad glibberig en nat, maar ons moet leer om in die reën te dans, elke dag is ’n nuwe geleentheid, ’n nuwe kans.

Die dagbeplanner sal jou inspireer in jou daaglikse lewe, of jy nou twaalf, of sewentig jaar oud is. Jy word herinner aan wat regtig belangrik is in die lewe, soos jou familie. Tyd staan vir niemand stil nie en gaan ook beslis nie vir jou wag nie.

Die dagbeplanner leer ons om te kyk sonder om te kan sien en ons moet leer sien sonder om te kyk. Ons word weer een met ons drome en niks is buite ons bereik nie. Ons is tot alles in staat, solank ons GLO.