Mesmoordenaar - Pieter Schuurman

cover_mesmoordenaar_-_pieter_scuurman
5 5 1 Product
R 80,00 each

+

’n Geslepe moordenaar is daarop uit om baas-speurder, Roelf la Grange, of beter bekend as Okapi, te laat kopkrap. Met elke bloedige moord wil dit voorkom asof die moordenaar hom een of twee stappies voor is wanneer die een moord na die ander gepleeg word.

Die keer blyk dit egter asof die moordenaar ’n persoonlike vendetta teen Okapi het. Sy gesin is in die spervuur en hy moet bontstaan om hulle veiligheid te verseker. As bekende baas-speurder, wat al menige moordsake opgelos het, moet hy al sy kennis en ervaring inspan om te verseker dat hierdie skisofreniese moordenaar in die selle beland. Die ope vraag is: Wie is die skuldige en waarom word Okapi se gesin geteiken? Gaan sy kennis en ervaring genoeg wees om hierdie monster vas te trek?
Alhoewel dit hom maande neem om al die los drade op te tel, identifiseer Okapi die misdadiger. Met behulp van sy kollegas eindig die sadis wat ses onskuldige vrou se lewe geëis het agter tralies en is sy gesin se veiligheid verseker.

Kom ons kyk wie was die skuldige.