Die Waarheid Maak Jou Vry - Ria Richards

cover_die_waarheid_1970228836
5 5 1 Product
R 107,00 each

+

Esta Coulson se niggie, Loura, kontak haar sommer uit die bloute na ses en dertig jaar en vra dat sy by haar moet kom kuier in die Kaap. Die Spanjaard, Lance Damian, haar niggie se hotelbestuurder en helikopterloods, slaan Esta se voete onder haar uit die oomblik toe sy hom die eerste keer sien. Lance laat haar ook duidelik verstaan dat hy ook tot haar aangetrokke is.

Terwyl Esta in die Kaap is, vind sy uit dat die mense wat sy geken het as haar ouers, nie haar biologiese ouers was nie.
Eers is sy baie kwaad vir Ma-Anna, haar grootmaak ma, want as sy haar as pasgebore baba na die kinderhuis geneem het soos Amalia Zandbergh, Esta se skatryk ouma, Anna betaal het om te doen, sou Esta nie al die ontberinge en vernederings moes deurmaak na Anna se dood nie en sou sy nie al die jare so swaar gedra het aan die haat en skuldgevoelens nie.

’n Klompie briewe van haar stiefmoeder op haar sterfbed en ’n versteekte brief van Amalia Zandbergh, verklaar baie van die dinge wat skeefgeloop het in Esta se lewe. Briewe wat haar hele lewe verander, omdat die waarheid haar weer vrygemaak het