Die Boek van Hoop - Marilize Swart

die_boek_van_hoop_cover
R 229,00 each

+

Specifications

Adults
A5
239
23/9/2020
978-1-928513-74-2
True Life

Sy is ‘n dame wat in haar eie wêreld lewe Oor die algemeen stil, maar gretig om veral oor dié dinge te gesels wat haar ná aan die hart lê. Soos haar man, kleuterseuntjie en Yorkie kruising hondjie En boeke.

Léés Skryf Skeppend wees Die móói dinge in die lewe, maar tog die eenvoudige Iemand wat slap chips bó 'n viergang maaltyd verkies.
Wat graag kaalvoet loop en van stilte hou Trane ís daar al gestort in haar lewe, maar dis moeilik om te glo wanneer jy hoor hoe sy lag uit
haar máág Sy vra graag vrae, maar praat nie maklik oor haarself nie.

Sy is baie privaat, maar tog 'n oop boek Perfeksionisties tot die punt waar sy haarself irriteer, maar sagter op ander mense Liefdadigheid laat haar hart vinniger klop en onregverdigheid maak haar kwaad Sy
skryf oor hoop, onvoorwaardelike liefde, geloof en uithouvermoë Oor mense wat geval het maar weer opgestaan het Sy wil die goedheid van Hom verkondig, sonder om te preek Sy wil net sý wees, haar eie ding doen... Lééf

List of the comments:
Camile
2 of 2 find it helpful
Hierdie boek begin met die mooiste gedig wat jou hartsnare roer.
Marilize begin op ñ besonderse wyse haar storie te vertel. Sy is ñ klein bietjie anders as haar boetie en sussies. Sy wil stories skryf, en sy het....

Die boek van Hoop handel oor verskillende karakters wat elkeen sy/ haar besonderse storie vertel. Van molestering, misbruik en ook stories wat jou hare laat rys. Dit maak jou hartseer en kwaad vir die lewe en mense wat wreed kan wees. Ware lewensverhale wat oopgevlek word en sny tot op die been.

Marilize kry dit reg om die verhale van hierdie mense deur te gee op so ñ manier, dat dit jou diepste wese ruk....maar dit is ook verhale wat Hoop en oorlewing, en vir party berusting bring.

Die taalgebruik is goed en die engelse woorde wat hier gebruik word, verleen ñ tikkie andersheid aan die stories, wat elke verhaal besonders maak.

Die boek van Hoop was vir my ñ inspirerende boek, en ek glo dat dit menige mense se siens en lewensuitkyk op die lewe sal verander.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: