Die Verlatenes - Celeste Majcher

die_verlatenes
5 5 1 Product
R 120,00 each

+

Specifications

Adults
A5
85
30/3/2020
978-1-928513-28-5
Memoir

Tydens my jaar as tuis-sorg het ek na tientalle mense moes kyk. Sommige jonk, sommige oud, meeste totaal en al verlate. Elkeen het ‘n storie gehad wat hulle tog so graag wou vertel, en meeste van die stories was aangrypend hartseer en mooi. Hierdie boek is ‘n versameling van dertien van dié hartstories wat my die meeste opgeval het en altyd sal bybly. Sommige stories is gemaak om vertel te word.

Sommige stories is te belangrik om stil te hou. Die karakters in hierdie stories is reeds verlate. Dit sal ‘n sonde wees om hulle te vergeet.

Skrywer:
Celeste Majcher is ‘n volbloed Suid-Afrikaner, gebore en getoë in die mooie Mpumalanga. Sy woon tans in Edinburgh, Skotland, saam met haar Skotse man en vyf kinders. Sy het ‘n honneursgraad in Sielkunde en om met mense te werk en te skryf was nog altyd haar grootste passies. Sy het voor haar tweede swangerskap vir ‘n jaar as tuis-sorg hulpverlener gewerk en haar hart op die ou mense en hulle triestige bestaan verloor. Dit was met hartseer dat sy van hulle moes afskeid neem voor die geboorte van haar dogter, en na nóg ‘n swangerskap, ‘n drieling die keer, was werk nie meer ‘n haalbare opsie nie. Sy is tans ‘n ma, vrou, tuisteskepper en vryskutskrywer.

List of the comments:
1 of 1 find it helpful
Baie geluk !!! Trots op jou ... ek wil graag boek bestel asb ... hoe doen ek dit ?
1 of 1 find it helpful
Ai Celeste baie geluk. Well done! So trots op jou. Ek sien daarna uit om dit te lees.
1 of 1 find it helpful
Baie geluk Met die boek.
Seën, vrede en liefde vir julle in Scotland. ?
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: