Die appelboer en storieman van Villiersdorp deel sy jag-onthou met die leser. Hierdie tipe van stories is nie meer bekend nie. Die verteltrant regdeur die boek is besonders en presies en kan die leser aflei dat Petrus Roux elke jagtog regdeur sy sewentien jaar baie ernstig opgeneem het en tog kom die humor op die onverwagse tye deur.