CANSA

In die grasie van jou wese” is ’n bundel kortverhale en gedigte wat gepubliseer word met die doel om fondse te bekom vir CANSA. Kanker is deel van ons daaglikse lewe en so baie van ons familie of vriende word daardeur geraak. Miskien kan die bundel ’n verskil maak.

 

Hierdie bundel word opgedra aan elke kankerlyer en 50 eksemplare word ook geskenk aan KANSA om uit te deel of te verkoop. Saam kan ons dalk ’n verskil maak in iemand se minder-goeie dag.

The ideal Christmas gift - share this link with your friends and help us make a difference!

 

 

In die grasie van jou wese

Soms draai die lewe verkeerdom vir ons.

Soms moet ons onsself besig hou.

Soms moet ons lees en soms ook huil, lag en speel.

Niemand het gesê die lewe gaan net plesier wees nie.

 

Hierdie bundel kortverhale en gedigte is saamgestel met die rede dat lees mens laat vergeet en ontsnap na ’n wêreld waar jy net jouself kan wees. Waar jy skaamteloos kan lag, hardop snik en dalk ook uitgil dat die lewe nie fair is nie.

 

In die grasie van jou wense                                              

Heleen Malherbe sê: "Ek is baie opgewonde vanaand. Maande se harde werk is op pad drukkers toe. En tog wil ek nog klou aan die manuskrip waar ek myself soveel keer verloor het. Saam gehuil het, gelag het en toe die manuskrip klaar is en ek dit aan KANSA stuur, het my trane geloop. Elke woord is met sorg geplaas. En Maandag word die eerste een gedruk!!! 
Om iets te kan gee aan mense wat dalk nodig het om te ontsnap na n ander wêreld in hierdie bundel stories en gedigte. Ondersteun die bundel asb. "

 

In die grasie van jou wese - gedigte en kortverhale ter ondersteuning van CANSA. Ons skenk R50 aan CANSA vir elke verkope PLUS ons skenk 50 bundels aan CANSA.

   Click here to place your order!

Add comment


Security code
Refresh