Arnold van Zyl

Arnold van Zyl

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ʼn bynaam?

 

 

Ek het nie ʼn bynaam nie, ek is baie trots op my naam.

 

 

Waar woon jy?

 

Hoe ek in hierdie wêreld gekom het ... waarvoor ek my ouers altyd dankbaar voor sal wees, bly soms onbeantwoord, maar een ding is verseker en dit is, dat ek my lewe vir niks in hierdie versukkelde wêreld sal wil verruil nie. Daarvoor het ek in te veel ander plekke oornag, waar ek tans in Suid-Amerika my besig hou met fotografie en myself in my skryfwerk verlustig.

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Biografie, speurverhale, natuurromans, kortverhale en gedigte.

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Ek het op Dendron grootgeword, wat ook bekend staan as die Groot Boom. Op daardie tyd van my lewensfleur was sport alles in my lewe.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

My eerste boek het ek in 2008 begin skryf en is nog nie klaar nie, dis ʼn filosofiese lewensreis wat elkeen hom mee kan vereenselwig ... My tweede, Waar die Melkweg vir Middernag sit en die derde Kinta se Dagboek, is albei romans wat in die natuur afspeel, wat in dieselfde tydgleuf geskryf is, maar is uiteenlopende verhale met hul onvergeetlike intriges. Daarna volg ʼn baie hartseer liefdesroman, Die stille weë van Liefde.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

Onheilspellende Maansverduistering is my debuut verhaal, vol intriges, verraad, moord en hartseer romanse. Die verhaal speel hom af in ʼn ou Laeveldse dorpie, waar Konstabel van der Plooi en sy kollegas ʼn moord moet oplos. Konstabel van der Plooi is ʼn stoftrappertjie, gaan hy homself handhaaf en staande kan bly tot die einde toe, in ʼn wêreld vol dwelms en meisies.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Nee, ek het nog geen ander boeke gepubliseer nie. Aanvanklik het ek net vir die lekker geskryf, later vir vriende gegee om te lees, tot op ʼn dag dat ek vir Heleen Malherbe ontmoet het, wat my oortuig het dat die boeke nie onder die stof moet vergaan nie.

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

Elke mens of leser het ʼn drang om goeie leesstof te verslind, daarom moet elke verhaal tot die optimale geskryf word om aan die leser se behoeftes te volbring. Ja, lesers isdie kern waarom ʼn mens skryf, dit sou ek eers later in my lewe uitvind.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

My pas voltooide boek Jou Paradys se Woordeskat, soos koörperasie stories, en die nuutste verhaal Skadus van die Lewe, gaan oor ʼn familie se lewensoorlewingsbiografie, wat oor ʼn tydperk van vyf-en-twintig jaar strek. Hulle lewensontwrigting het oornag plaasgevind sonder dat hulle daarvoor gevra het. Hierdie biografie raak alle aspekte van die lewe en enige familie kan hom daarmee vereenselwig.

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Ek het nie ʼn gunsteling skrywer nie, maar ek hou van goeie leesstof.

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

Ek is tans besig op Malherbe Uitgewers Werkswinkel vir Afrikaanse Digters om toekomstige digters van raad te voorsien. Ek en my seun doen al my boeke se bladontwerp self.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

Ek het Ruiter in Swart slaphandboeke onder oë gekry. Ek kan nie regtig onthou of dit ʼn impak op my skrywes gehad het nie.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Ek het maar deur die jare gedagtes en idees aangeteken. Skryf het so maklik geklink, maar net die gedagte aan hoe onthou jy alles en hoe sorteer jy, waar pas jy die stuk in en waar nie, het na te veel papierwerk gelyk. Te danke aan die elektroniese wonder het skryf toe sommer in 2008 klopdisselboom geword.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ʼn storie?

 

 

Ek het geen beplanning, soos die verhaal verloop ontmoet die bestaande karakters nuwe mense, wat lei tot verdere ontwikkeling, hetsy wat ook al die omstandighede mag wees. Amper soos iemand wat ʼn ryloper se reis wil vergemaklik en tog ʼn invloed meebring. Van tyd tot tyd plaas ek ʼn kort storie op blaaie, dan vra die lesers vir ʼn opvolg en siedaar die geboorte van ʼn nuwe novelle.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Alles wat my oë se weë kruis lees ek.

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Enige skrywer groei deur die oë van sy lesers en hulle kommentare. Dus is terugvoer hetsy negatief of positief baie belangrik, en sal ek dit waardeer. Daarom is leser en skrywer onlosmaaklik van mekaar.

 

Kontak my gerus by E-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 


 

 

Add comment


Security code
Refresh