AnnMaree Barry

AnnMaree Barry

 

Vraag

Antwoord

 

Het jy ‘n bynaam?

 

 

Emmy

 

 

Waar woon jy?

 

 

Calitzdorp

 

 

Watter genre skryf jy in?

 

 

Verskillende genres

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

 

Zoar. Dit was 'n stil plek met min om te doen, maar dit het my gepas.  Ek het gelewe in my kop.

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

 

Ek was seker vier of vyf en was vreeslik lief vir stories maak.

 

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

 

 

Die Swaai. Handel oor 'n paartjie wie aansluit by 'n swingersklub.  Dis lekker, maar ook dat lekker net 'n vinger lank is.

 

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

 

Nee

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

 

'n Skrywer kom tot volle reg as daar mense is wie die werk lees.  Ek is dus "gebore" deur my lesers.

 

 

Waarmee werk jy aan volgende?

 

 

Plaasmoorde, iets wat my letterlik slapelose nagte gee.

 

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

 

Heleen Malherbe, Adam Smal, Allison Matroos

 

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

 

In my uniform, in die kerk of in my tekkies aan die draf.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

 

'n Storieboek wat Mammie vir my gekoop het oor Abraham en Sarah. Ek was vier en het dit elke dag gelees. Dit het my 'n liefde vir God gegee wat ek nounog het

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

 

Ja. Dit was oor 'n paartjie wie deur die eeue heen herbore word en mekaar elke keer weer vind. Ek kan nie die einde onthou nie.

 

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

 

Ek skryf my boeke in hompe. Vier, vyf boeke aanmekaar en dan is daar vir maande niks. Ek is bi-polêr en skryf obsessief as ek begin. Dan is ek leeg.

 

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

 

Die Bybel en Slotsom is nou op my bedkas.

 

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

 

Dankie dat jy my toelaat om jou te vermaak. Dit is 'n voorreg.