Annelize Combrinck

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Ja my familie en vriende noem my Liesie, al is ek ses voet twee en die langste in my gesin was ek nommer sewe en die klein sussie in die huis. 

Waar woon jy?

Op die plot waar ek groot geword het, saam meeste van die familie naby Meyerton.

Watter genre skryf jy in?

Christelike komedie en Roman

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ons is n baie groot en liefdevolle gesin, die een se hartjie kleiner as die volgende een, as een huil, huil almal J. Baie van my karakters is op iemand in my gesin of vriende gebasseer, dit maak die skryf werk net soveel lekkerder en makliker.

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek het my eerste boek in Matriek geskryf maar voor dit het ek twee gedigte geskryf vir skool en hulle is geplubliseer ook. Ek is ook lief om my eie liedjies te skryf en dit het ook in my tiener jare begin.

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Olga, dis oor ‘n meisie wat erg mishandle word deur haar Oom nadat haar ma haar net daar gelos het toe sy klein was, hoe sy ontsnap en hoe God haar pad begin saamstap en vir haar oopvlek en die wroeging om oor die verlede te kom en haar identiteit in Hom te vind.

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Nee

Wat beteken jou lesers vir jou?

Ek dink vir enige skrywer is dit n groot vooreg as iemand jou werk lees en daardeur aangeraak word en nog meer as hul dit geniet.

Waarmee werk jy aan volgende?

Ambassadeur se dogter, Gaan oor n klein meisie wat in Denmark grootword n vriend maak naamlik Philip en dan moet sy weer aanbeweeg na Chicago want haar Pa word verplaas. Hulle twee ontmoet weer later op kampus waar hy ook nou studeer, maar dis of alles nog altyd teen hulle werk of meskien is daar n groter plan. 

Wie is jou gunsteling skrywers?

Ena Murray

Karen Kingsbury

Francine Rivers

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek skryf eintlik maar min, met 3 kinders wat elke bietjie aandag soek wat hulle kan kry en al hulle aktiwiteite, gryp ek elke kans wat beskikbaar is vas. 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Ja Klein duimpie, my tannie het hom vir my gekoop toe ek 6 was ek het daardie boekie uit my kop uit geken, daarna het ek al wat n boek is gelees, party twee keer, ek het al in standard 6 by ‘n biblioteek aangesluit net om my hande op nog meer boeke te kry. Lees ontvoer my na ‘n ander wêreld, dis of jy op n avontuur gaan in jou kamer en tog is jy ook nie daar nie, dis of jy in die kamer staan waar alles gebeur wat jy lees en dit n werklikheid word om jou.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Veg vir die liefde dink ek was my eerste boek, ek het hom in matriek geskryf maar eers nou weer ontdek en hom bietjie aangepas en laat druk. Dit was een van die lekkerste oomblike in my lewe om my eie boek vas te hou.

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek het die al gaan ‘google’ maar dit blyk my wat vir die een werk werk nie noodsaaklik vir die volgende een nie. My styl is ek voel na skryf en ek begin net, dis selfs vir my n verrassing waarheen die storie loop , dis om net neer te skryf wat in my verbeelding aangaan. Ek probeer altyd om die karakter te wees wat praat probeer verstaan wat hy/sy voel en hoe om te reageer.

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

Op die stadium, hoe om kinders groot te kry J. Ena Murray bly maar my gunsteling skrywer.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

Ek hoop die boek is vir hulle so lekker om te lees as wat dit was vir my om te skryf. Dat hulle iets daaruit kon vat, en dat hulle met een of twee karakters kon identifiseer.