Andri Nieuwoudt

Andri Nieuwoudt

 

 

Andri het Ginekologie en Verloskunde praktiseer sedert 1984, eers as konsultant by Tygerberg Hospitaal, Parow, daarna sedert 1986 in Stellenbosch Hospitaal en Hottentots Holland Hospitaal. Sedert 1988 was hy in privaat ginekologiese praktyk in Somerset Wes en Stellenbosch tot 2002, waarna hy as voltydse konsultant in Ginekologie en Verloskunde in Ziekenhuis Zorgsaam te Terneuzen Nederland aangestel was tot sy pensioenering in Desember 2016.

 

Andri sê:

 

My vrou sê ek probeer te slim wees: ek moet sommer sulke lieftes verhaaltjies skryf- sonder seks sê sy want sy ken daai tegnieke van my en dit werk nie! Tog is daar ander wat so na my skryfsels kyk wat mens weer moed gee. 

My outobiografie is in 3 boeke gedeel. Al 3 moet gelees word om die volle konteks en bedoeling te begryp. Mense sal hulle daarmee kan vereenselwig of met gemengde gevoelens laat lees. Hulle is rou-eerlik geskryf, met geen suikertjies oorgestrooi nie.

Dit vertel van hierdie seun se eerste gewaarwordinge van sy omgewing met al die swaarkry en alleen wees midde `n groot gesin. `n Seun wat nie skroom om te vertel van die wisselvallige wortelskiet net om weer te ontwortel nie. Wat vroeg besef het dat hy vanaf sy wortel moet vertak, maar die moederwortel nooit kan versaak nie.

Die soeke na sy plek en ontdekkings word ook onversuiker vertel en hoe hy later sy eie ankers kon staanplek gee. Dan verlaat hy sy woestynwêreld en neem die leser op wêreldreise, so kleurryk vertel asof jy self daar was. Sommige plekke laat jou nuuskierig vir meer en laat jou bietjie meer naslaan en oplees. Soms met `n groenigheid in die leser se aura weens die geleenthede wat min beskore is, deels weens omstandighede en deels deur eie deursettingsvermoë.

Daar is vele stof tot nadenke en laat jou teen die einde van die 3de boek selfondersoek doen. Versaak ons ons wortels, misken ons ons verlede? Of jy `n wêreld beroemde pianis of operasanger word en of jy huidig skouers skuur met die roem van die filmbedryf en in Hollywood of Beverly Hills woon of net `n huisvrou of onderwyser is, ons kom iewers vandaan.

Wanneer ons ouer word, besef ons dat dit wat ons is, dit wat jy aan moederwortel ingeneem en begin verstaan het en daarvandaan jou vertakkings die wêreld ingestuur het, jy weer terughunker na die eenvoud, na die wens om minder te kon wees, minder kon beleef het, of om soms net anders te doen of te dink, om weer net een word met die begin van alle eenvoud. Hierdie boeke is nie die standaard roman of novelle nie, wel `n outobiografiese memoir, met vele lewenslesse te leer.

 

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.