Amanda Pio

Amanda Pio

 

 

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Nee

 

Waar woon jy?

Boksburg

 

Watter genre skryf jy in?

Romans en Christelike Romans

 

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

 

Ek het groot geword in Rustenburg en het eers regtig begin skryf toe my jongste dogter gebore is. Sy is nou 22 jaar. Het altyd rofweg op bladsye geskryf, 100de van die blaaie!

 

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

 

So 22 jaar terug. Net altyd vir die familie geskryf, en om my gedagtes te laat vloei.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Christlike Romans

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

Nee, Malherbe Uitgewers is my eerste uitgewer.

 

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

Baie. Ek wil net hê hulle moet lekker onstpan geniet wat hulle lees.

 

Waarmee werk jy aan volgende?

Nog ‘n Roman en dan ‘n dagboek met Bybel preke en verse.

 

Wie is jou gunsteling skrywers?

PG du Plessis en Riaana Scheepers.

 

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

Ek werk voltyd met my eie besigheid wat veeleisend is en dien natuurlik my tuin. Mal oor tuin maak, veral blomme tuin.

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

Ja, baie lief gewees vir Ena Murray se boeke en natuurlik Topsie Smith, Trompie en die Boksombende almal gelees.

 

 

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

Ja, was in hoërskool, sommer so rof weg.

 

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

Ek loop dae lank met ‘n storie in my kop. Kyk na mense om my. Dan begin die karakters vorm aan neem en dan die storielyn.

 

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

My laaste boek wat ek gelees het van Izak de Villiers se boek In die teenwoordigheid van God. Ek fokus meer op Christelike literatuur.

 

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

My doel met my geskrywery is om my lesers goed te laat voel en net dat hulle kan vergeet van alles en dan te sê, dit was ‘n mooi boek, wil graag die volgende een lees.

 

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.