Allison Matroos

Allison Matroos

 

 

Vraag

Antwoord

Het jy ‘n bynaam?

Ja, ek het ‘n bynaam, Ally. Ek het die bynaam Ally Minellie op skool gekry.

 

Waar woon jy?

Ek woon in Stellenbosh, maar ek bly in Atlantis.

 

Watter genre skryf jy in?

Ek skryf jeugfiksie.

 

Waar het jy grootgeword en hoe het dit jou skryfwerk beïnvloed?

Ek het in Atlantis, ‘n bendegeteisterde dorpie grootgeword. Die geweld en dwelmmisbruik van die jeug het my motiveer om te skryf, want dit was soos ‘n tipe ontvlugting vanaf die geweld. My skryfwerk is ook wat my gehelp het om met my omstandighede te “deal”.

 

Wanneer het jy eers begin skryf?

Ek het al van kleins af geskryf, maar in matriek het ek meer ernstig begin skryf, want ds toe e k ‘n intense liefde vir skryf en letterkunde gekry het.

 

Wat is jou nuutste boek en waaroor gaan dit?

Kaleidoskoop, dis ook my debuutbundel. Dis bestaande uit stories en gedigte. In my stories sal jy alledaagse kwessies raak lees, soos bv. tienerswangerskappe, dwelmmisbruik, aborsies, verkragting, onder andere. My gedigte handel oor die liefde en ook die seer wat daarmee gepaardgaan wanneer mens ‘n geliefde verloor. My gedigte handel ook oor my liefde vir die Afrikaanse taal en my passie vir skryf.

 

Het jy enige boeke gepubliseer wat nie op Malherbe Uitgewers se site is nie, en wat is die boeke?

 

Nee.

 

Wat beteken jou lesers vir jou?

 

Oneindigend baie. Want sonder die lesers is die skrywer ook maar niks.

Waarmee werk jy aan volgende?

 

Ek is tans besog met ‘ n boek, maar ek weet nie waarheen ek daarmee op pad is nie. Die idees borrel en bruis in my kop.

Wie is jou gunsteling skrywers?

 

My gunstelingskrywers is Chanette Paul en Antjie Krog.

As jy nie skryf nie, hoe spandeer jy jou tyd?

 

Ek lees of ek kyk die series genaamd, Grey’s Anatomy.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit gelees het en die impak wat dit op jou gehad het?

 

Nee, maar ek onthou die eerste boek wat ‘n impak op my gemaak het. Dis ek,Anna, van Anchien Troskie. Die boek het my laat besef dat mens maar oor jou seer mag skryf, want daar is ander mense war dieselde seer as jy het en deur jou werk te lees kan dalk vir hulle laat besef dat hulle nie alleen is nie.

Onthou jy die eerste storie wat jy ooit geskryf het?

 

Ja, die eerste storie wat ek eerste geskryf het was in Engels. Die naam is A story my grandmother once told me.

Wat is jou skryfproses? Waar kry jy jou inspirasie vir ‘n storie?

 

Ek beplan eers, dan skryf ek, maar soms hou ek nie by die beplanning nie. Ek weet nooit waartoe my stories my gaan lei nie. Ek kry inspirasie in lewensgebeurtenisse, boeke wat ek lees en in die series wat ek kyk.

Wat lees jy vir plesier en wie is jou gunsteling skrywer?

 

Spanningsromans deur Chanette Paul en gedigte deur Antjie Krog.

Chanette Paul is my gunstelingskrywer.

As jy direk met jou lesers kon gesels, wat sal jy aan hulle wil sê?

 

Baie, baie dankie dat julle tyd maak om my skryfwêreld te betree. Sonder julle sou ek nie myself ‘n skrywer kon noem nie.

 

 

 

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 

 

 

Add comment


Security code
Refresh