Anid Cilliers [Antjiesommers]

 Antjiesommers se gedigte is treffend, kort somtyds maar die realiteit weerspieël altyd deur haar woorde. As jy haar profiel besoek is die eerste woorde wat jou opval…

“I am a free spirit…
don’t take my posts personally…
you are my inspiration.”
Haar gunsteling sêding is: ”Dis die goeters wat jy weggee wat jou ryk maak”, en dis waar, haar gedigte gee sy weg en maak ons ryk.

Ek deel dan ook graag haar gedig hier:

Sou jy
die liefde van ‘n ma (vir haar kind)
iewers in woorde kon vind dan
sou jy die korrels van die seesand kon tel
sou jy die tale sonder woorde verstaan
sou jy op die hoogste wolke kon ry
en in die donker sonder lig kan sien
sou jy in dryfsand altyd
‘n vasstrap plek kry
en die hoogste berge sonder
asem kon klim
jy sou alles weet
en niks ooit vergeet
jy sou die sterkste vlerke hê
groot en wyd
jy sou vir altyd (sonder asem) kon leef
as jy dit sou vind
sou jy weet
jy is jou ma se kind

©Antjiesommers

  


 

 

  


 

 

  


 

 

  


 

 

Subcategories